London is vandag koud en nat. Die weermense raai dat dit nog weer gaan warmer wees voor winter hier opdaag, maar ek wonder. Ek is nou weer terug in ´n daaglikse roetine van werk en geld verdien - al is dit net tydelik. Dis hoekom die fotos opgedroog het :)
Dis lekker om weer onafhanklik te wees, en ek sit al klaar en spandeer my ponde op ´n virtuele manier... Daar is ook ´n lang naweek oppad, en sover klink dit vir my ons gaan Skotland, wat absoluut heerlik gaan wees. Ek gaan die kans kry om op Britse paaie te bestuur en ´n groot deel van die eiland plat te ry - ek sien baie uit daarna.
So ietsie oor my werk: Ek werk vir
Expedia. Dis ´n groot maatskappy wat toerpakkette aanmekaar sit sodat ons gewone mens nie so hard hoef te dink aan ´n lekker naweek nie - hulle doen al die beplanning, jy click en daar gaat jy. Natuurlik het ek niks met daardie sy van die besigheid te doen nie. Ek is maar basies ´n kantoorslaaf wat help met
filing en data invoer. En hier is die weird deel: Ek geniet dit. Dis basiese werk, en soms aan die vervelige kant - maar nooit lank nie. Ek helpin die finansies departement en sien gereeld van die syfers wat betrokke is om so groot besigheid te laat werk. Dis gereeld nog ´n skok om sulke huge bedrae te sien deur die boeke gaan. Ek het ook oneindig meer respek gekry vir boekhouers en ouditeurs - dis vrek baie pressure om so werk te doen.

Op my 2de dag het ek gaan luister na Anya Hohnbaum wat deur Expedia gekies is om die wêreld se blouste lug te gaan soek. Sy het 64,000 myl gevlieg met 56 vlugte na 20 bestemmings om die plek met die blouste lug te kry. Dit was vrek interessant om te luister na iemand so ou soos ek wat na al hierdie plekke gegaan het, met mense gesels het en op ´n soortvan wetenskaplike manier die blouste lug bepaal het. Gaan kyk
hier vir die volledige resultate, maar ek kan wel sê dat Kaapstad 5de was - nie sleg nie. Die foto regs van Valsbaai het ek geneem in Januarie, 2 dae voor ek hierheen gevlieg het. Ek nie glo ek is al langer as 6 maande hier nie!