Monday, February 12, 2007

Rapid fire

Hi almal. Ek skeep die fotos so bietjie af, maar ek neem steeds klomp as daar kans is. Hier volg die hoogtepunte...

  • Ek en Hermine is Skotland toe vir haar verjaarsdag. Ons het onder andere 'n kar gehuur en van Glasgow na Oban gery (lieflike stuk pad). Die foto hieronder is van Oban. Op die heuwel staan McCaig's Tower.
  • Dit het ook gesneeu hier in die stad van London. Die publieke vervoer was 'n gemors, maar ek het die geleentheid gebruik om baie snaps te neem oppad werk toe. Die foto onder is geneem van Stratford se park, by die busstop wat ek elke oggend mee stasie toe gaan. In die somer is hierdie plek grasgroen, in die lente geel van die affodille, maar ek het nooit gedink ek sal hom so wit sien nie. Dit was die heel lekkerste om op die vars sneeu te stap - dit kraak so onder mens se voete!

  • Hierdie afgelope naweek was ons vinnig Portsmouth toe, aan die suidkus. Dis 'n groot hawestad, en ons het die dag deurgebring by iets wat baie is soos Kaapstad se Waterfront. Het sommer huis toe verlang. In Portsmouth, staan die Spinnaker Tower, 'n 170 meter toring met 'n uitkyk dek meer as 100 meter bo seevlak. Mens kan tot 35 km ver sien van daar bo af. Die foto hieronder is wys die hawe monding met die Isle of Wight in die agtergrond. Die ferry is net oppad na die eiland toe. Mens kan ook die hovercrafts sien as hulle oor die baai jaag na Wight toe. Aan my regterhand lĂȘ 2 Royal Navy aircraft carriers - kleiner as die US s'n omdat die UK harriers gebruik, maar steeds vrek cool. Het die uitstappie baie geniet. Hoe sommer net daar bly...