Monday, May 07, 2007

It was the best of times...

Ek het Hermine weggesleep van die boeke oor die langnaweek om vir haar Rochester te gaan wys. Daar was 'n Sweeps Festival (soos Chimney Sweeps) aan die gang, wat beteken dat klomp normale mense in kostuums aantrek en in die strate dans. Rochester is ook een van die plekke waar Charles Dickens gelewe het, en van sy boeke speel hier af. Dis hoekom mens om elke hoek en draai 'n pleknaam sien wat sinspeel op sy werk, soos die restaurant se naam hierbo.
Hierdie is een van die groepie mense wat so bietjie in die straat geskoffel het. Baie van die mense het klompe aan, en elke span het sy eie kleurskema. Dit het my nogal baie herinner aan die klopse in die Kaap, behalwe die mense is nie heeltemal so lewendig as die SA weergawe nie.
Hierdie karakter was die Town Rat Catcher. Hy was gaaf genoeg om 'n paar kinders te koop aan te bied, maar ongelukkig was my tjekboek in my ander broek se sak. Daar het ook 'n duif rustig in die restaurant ingestap, en die ou het hom met groot onvernuf uitgehelp, nadat die duif seker was hy wou in elkgeval nie meer daar uithang nie.
Rochester Cathedral. Hierdie indrukwekkend katedraal staan naby die Medway rivier, en in die middel van die dorp. Netsoos St Pauls in Londen het dit my hier weer opgeval dat ek in 'n gebou rond stan waarvan die geskiedenis ten minste 2 keer so lank is as die hele (wit) Suid-Afrika s'n.
Ek dink die binnehof van die katedraal was baie meer spesiaal. Dit was stil en rustig, met 'n mooi tuin en rose reg rondom. In die middel was 'n boom waarin kinders hulle Paasgebede opgehang het. Wens ek kon hier sondagskool gehad het.
Rochester Castle. Of Keep, soos ek seker is Warcraft fans sal herken as mens mooi oplet na die vorm van die ding. Wie sĂȘ mens leer niks van PC games nie? En, soos eg aan die tyd, was daar 'n 'n mallemeue, swaaie, spookasem en hotdogs.