Loud, Louder... Formula 1
Ek moes 3:30 AM opstaan, maar het al die pad gesmile. Met ´n ongelooflik stroke of luck en baie genade van bo het ´n pel vir my ´n kaartjie na die 2006 Silverstone Grand Prix gekry. Ek kon skaars slaap. Ek sit en smile nogsteeds...Dit neem so net onder 1h30 per motor vanaf Stratford en ons was so 05:45 op die baan. Daar was reeds ´n klomp mense. Ons het gaan sit by Copse, die eerste draai na die Start/Finish en reg op die pit exit. Die foto regs is net na 6 AM geneem, toe daar nog min mense was. Later het hulle ingestroom en die hele plek was stampvol.
Daar is natuurlik ook baie ander goed om te sien. Verskeie kostalletjies verkoop alles wat jou maag voor kan vra. Daar is ook baie bier plekke, ens. Regs is McLaren se 2006 kar. Al is ek nie ´n fan van die span nie, is dit darem ´n mooi kar! Mens kan lekker naby kom aan die kar. Toyota se stand was netso cool, maar my Ferrari mense was maar teleurstellend. Jy kon nie naby die kar kom nie. Miskien gaan dit oor watse span by watse baan gebaseer is, maar ek sou meer van my gunsteling tipe rooi wou sien.
Mens sien darem nie net die Formula 1 resies nie. Daar was ook ´n Porsche resies en GP2 karre wat gejaag het, so die hele dag was vol karre wat verby dreun. Die Britse Red Arrows het ons ook kom vermaak. Ek like mos my vliegtuie ook, so hierdie was ´n nice treat. Hulle het laag oor ons sitplek gevlieg en die geraas was ongelooflik!
Reg rondom die baan is daar borde wat jou wys waar jy is en hoe die baan lyk, ens. Die plek is goed georganiseer. Ons het vroeg reg rondom die baan gestap. Ek reken die uitstappie was so 5.5km, aangesien die baan self 5.1 km lank is, en mens ver buite die baan stap. Die plek is groot. En helikopters kom laai VIPs af die hele tyd. Baie mense het duidelik ook voor sonop daar kom uitkamp, want reg rondom die plek was daar ouens wat in hulle stoele sit en slaap het met ´n hele leef-area om hulle.
Hierdie is een van die Grand Stands, met die TV kameras wat agter dit uitsteek. Die kaartjies vir hierdie sitplekke is baie duur, en ek wonder of mens veel meer sien. Jy sit dalk net minder in die son. En ja: Dit was vrek warm. Gelukkig was ek goed voorberei en het darem nie gebrand of iets nie.
Go Schumi!!!! Dis moeilik om ´n goeie foto van die karre te kry, aangesien hulle verby ons kom teen 225 kph. Die resies self was redelik onopwindend van my sitplek af. Alonso het eerste begin en daar klaargemaak. Schumacher het verby Kimi gegaan tydens ´n pitstop om 2de klaar te maak. Omdat ons op die pit exit gesit het, het ons daai stukkie aksie gesien, wat great was. Maar ek dink nie jy gaan GP toe om dit te sien nie. Dit kan jy beter by die huis doen. Jy kom hierheen om dit te voel en te ruik. EN TE HOOR!
Dit was die hardste wat ek nog enige masjien hoor raas het. Dit is ´n onbeskryflike klank wat mens se tande in jou kop laat rattle. Ek het die goeie raad gekry om oorpluisies te kry vir die race en Oh Boy... het mens dit nodig. As jy dit in het, is dit steeds loud, maar ten minste kan jy jouself ook hoor dink. Dis ongelooflik. Elke fan moet dit self gaan hoor om te verstaan. Nog ´n ding wat my oordromme aangeval het is die gear-change van hierdie goed. Dit klink regtig soos ´n geweerskoot. Ek het verwag dat dit mooi sag en glad sou wees, maar was baie hard en duidelik verkeerd.
Baie dankie Michael vir saamnooi, en Daniel vir die bestuur soontoe en terug.
As iemand dalk nog fotos soek, ek het meer was 300 fotos geneem en ook baie videos. Laat weet en ek stuur jou ´n paar beter resolusie fotos.
3 comments:
Jou lucky klein bogger :) Geen idee hoe jaloers ek is nie, maar volgende jaar... :) Dan gaan ons almal sommer saam soontoe.
Lekker Interessant - Dankie vir die foto's - Hennie
Ongelokkenfooflik!
SILVERSTONE! Bly jy was daar en baie dankie dat jy dit met ons gedeel het! Sjoe! Hoe graag wil ek ook bietjie F1 proe! Ek sit sommer en "grin" oor die foto's en dinge! Gelukkig het hierdie geleentheid hom voorgedoen aan iemand wat dit RERIG waardeer! Waarom skryf ek elke sin met 'n uitroepteken?! Seker omdat jou ore steeds sing!
Goedgaan en ek hoop dat jy my eendag kan gaan wys!
Groete,
Brendon
Post a Comment