Friday, July 07, 2006

Back by some sort of demand

Iemand het genoem dat ek lanklaas hier geskryf het, toe kom maak ek net gou 'n draai. Dis laat hier, maar ek kan nie slaap nie - dis te warm. Ja, OK. Dis seker ver van enige regte hitte soos behoorlike Suid-Afrikaners dit ken, maar mens is steeds ongemaklik.

Ingeval iemand in SA omgee, dis tans Wereld Beker sokker. Al wat 'n Brit se huis en kar is opgemaak met Engelse vlae. Hulle het heel stupid gegaan. En toe verloor Engeland en nou is meeste van dit verby, maar as hulle net die stupid vlae wil afhaal, asb!

Hier is 'n tipiese huis in ons straat met vlae op die voordeur, mure en by die ruite uit. Kommin verby. Maar as jy nader kyk is daar ook 'n stukkie diep filosofie in hierdie foto. Links in die middel is 'n sign wat lees: "No Ball Games". So in Engeland mag jy sokker kyk, jy mag dit net nie speel nie. Dit verduidelik hoekom die fools verloor het.

Hulle is darem eerlik. Dalk sal Bafana Bafoona eendag ook daai punt bereik.


2 comments:

Anonymous said...

Have a heart Fanus ... Die Engelse rou nog ... dis soos dood in die familie ... hulle sal seker die flae afhaal as die rou tyd verby is ;o)

Anonymous said...

That said, world cup is nog aan die gang, miskien daarna sal die vlaggies van die karre ook verdwyn, sien egter baie minder van hulle as voor die Engeland knockout :)