Bizaar soos by die huis
Laas naweek was kerkbazaar in Londen. Dit was ´n ongelooflike lekker en weird ervaring. Daar was 3000 Suid-Afrikaners van oral oor Engeland om te kom deel in braaivleis, boeresport, pannekoek en potjiekos. Ja, ons het lekker gevreet...Die bazaar is gehou op ´n plaas so 30km buite Londen waar mens gou die rolling green hills te siene kry. Ons het sommer so ligte stappie om die plaas gevat om te sien hoe dit lyk, dit was lank, maar verskriklik mooi. En toe ons terugkom was dit net mooi tyd vir braaivleis.
Boeresport(s) Teen laat middag het spanne ingeskryf om aan alles van driebeenresies tot eiergooi deel te neem. Dit was vrek snaaks, veral as jy ´n toeskouer was, want die ouens het maar lekker nat en morsig van al die sports afgekom.
Hier mos mens ´n hap appel vat terwyl hulle stroop op jou gooi... Het seker nie nog beskrywing nodig nie?
Pannekoek tafel. Ek het sommer al vroegoggend gaan pannekoek soek, want dit verkoop gou uit. Ek het ook Hertzoggies opgespoor, en daar is darem nog 3 oor in die yskas. En droëwors ook. Dis nie dat ek nie lus is daarvoor nie, dis net dat ek nie ooit wil hê dit moet op raak nie!
Luddesdown is die naaste dorpie(kie), wat eintlik maar net bestaan uit hierdie kerk en ´n huis of twee om dit. Verder is die plaashuise versprei ver rondom dit. Maar dit lyk eg Engels, en het darem gesorg vir nog mooi fotos.
As mens so kuier en weer moet huis toe gaan besef jy hoe baie mens jou land mis, en hoe mens stadig vergeet van die lekker van jou mense om jou hê.
No comments:
Post a Comment