Soos Roomys
Die ding met Engeland is dat dit vrek goedkoop is om te reis, solank mens bietjie vooruit boek en mooi beplan. So beland ons toe in Glasgow hierdie naweek. Sommer net sommer.Ons het vroeg Saterdag oggend op die vliegtuig geklim. Mens besef hoeveel lugverkeer hier is as jy heelpad parallel met 'n ander vliegtuig vlieg. Lyk my daar is net soveel aanvraag dat dit betaal om direk te kompeteer - vlug vir vlug. Ons vliegtuig kaartjies het 1 pennie gekos. Al wat bykom is die belasting, wat steeds minder uitgewerk het as 'n trein kaartjie.
Glasgow Prestwick lughawe het 'n moderne skotse tema. En soos die prentjie hier langsaan wys, is die weer lekker bevoeterd. Ons het geland in die reen. Teen die einde van die nodige Starbucks koffie het die son geskyn, en teen die tyd dat ons trein toe gestap het, het die wind al die bome het die grond uitgelig.
Na 'n rustige, maar langerige rit via trein en bus het ons hy ons hotel opgedaag. Dit was verder van sentraal Glasgow as wat ek gedink het, maar absoluut die moeite werd. Links is die uitsig uit ons kamer. Dit was 'n 3-ster hotel met swembad, jacuzzi en spa. Nie tyd gehad daarvoor nie, maar die restaurant se kos is ongelooflik!
Sondag was dit stad toe om die plek te gaan verken. Ons het vasgehaak in die moderne deel van die stad, waar die geboue baie futuristies lyk. Links is die Armidillo (konferensie plek), die IMAX en Science Centre. Hulle sit aan die wal van die Clyde rivier, wat so net onder die middestad verby loop. Ons het Open Season in 3D gaan kyk by die IMAX. Vrek snaaks.
Die Science Centre het 'n paar interessante sights, maar hierdie een het my amaze. Dis 'n optiese truuk wat dit laat lyk of jou lyf verdwyn.
'n Gebou op St George's square. Dit was dit koud om te onthou watse gebou dit was...
Oppad hotel toe het ons die busstop in die reen loop en soek. Maar hierdie plek het regtig lekker gelyk, toe eet ons eerder daar. La Tasca is 'n Spaanse restaurant en ons kelner se naam was Pedro - van Spanje. Dit was 'n lekker rustige gesels atmosfeer, en Pedro het ons gehelp om die lekkerste ete te kies van die menu af, terwyl ons sommer gesels het oor sy land, ons land en Engeland. Ek sal weer Glasgow toe gaan net vir hierdie plek.
My opinie van Glasgow is nes my opinie van roomys. Dis koud, maar lekker. Volgende keer sal ek die plek goed genoeg ken om meer te gaan sien. Maar vir nou was ek baie bly vir die blaaskans van die groot stad.
No comments:
Post a Comment