PVA
Hier volg die Plan Van Aksie... In tipiese 'Allo 'Allo styl: "I vill zay zhis only vounce..."
Ek en Hermine kom kuier in SA vanaf die Saterdag, die 24ste Februarie tot die 9de Maart. Dit gaan maar 'n hit-n-run kuier wees, want ons moet baie inpas in die kort tydjie by die huis. Sover lyk die planne so:
- Land Saterdag, 24 Feb en rus by Miena se ouers in Gauteng.
- Braai Sondag, 25ste (Cobus & Lara)
- Maandag tot Woensdag gaan ek en Hermine vakansie hou, die son geniet en almal ignoreer.
- Donderdag, die 1ste Maart vlieg ons af Kaap toe. Ons land rondom middagete en steel 'n kar by die lughawe. Dan jaag ons see toe om weer 'n slag die sand tussen die tone te voel, ens. Die aand kuier ons by my Pa.
- Vrydag oggend hang ons in Stellenbosch uit. Die middag kry ons vir Johan op die lughawe en die aand gaan ons heel moontlik 'n Koffie & Kuier aand iewers hou, heel moontlik by Mugg & Bean, Tygervallei.
- Saterdag oggend is dit tee saam met van Hermine se familie. Saterdag middag is daar blykbaar 'n trou of 'n ding aan. Ek dink dis in Grabouw, of Ceres, of iets...
- Sondag vat ons vir Johan lughawe toe en zip George toe.
- Maandag hou ons vakansie.
- Dinsdag, die 6de Maart, zip ons Kaap toe en vlieg weer Gauteng toe
- Dan hou ons vakansie tot ons weer huis toe gaan.

2 comments:
Dit is die Polisie. Chanel. Mien se Polies-vriendin. Wat lees ek van karre steel op Kaapstad lughawe ? Ek hou jul dop ! :-) Hoop jul geniet jul kuiertjie in SA. Spyt ek sal jul nie kan sien nie. Het wel vir jul lekker slaapplek en 'n swembad waarby jul kan ontspan, indien jul Gat-langs wil kom. Groete.
Hehe... Gat-langs :)
Post a Comment