Sonskyn in Siberia
Ek het nie vandag fotos om te deel nie. Dis ´n gewone weeksdag en ek sit op die net en werksoek. Ja, dis ´n gewone dag in Londen, behalwe vir een ding: Dis warm. Dis nie soortvan-nie-reën-warm nie, nie eens byna-lekker nie, dis warm.´n Vinnige loer na by browser se taskbar verifieer dit. NOW: SUNNY, 23C... Ek was dorp toe om brood en melk te gaan koop. Huge mistake. Mens raak so gewoond om nie by die voordeur uit te gaan sonder ´n langbroek en toe skoene nie, maar vandag is dit kortbroek en sandale tyd.
Ek kan nie glo hoe vinnig die seisoen hier verander het nie. Twee maande gelede was enigiets bo 10C ´n heerlike dag en die son het voor 5pm onder gegaan. Nou sak dit goed na 7pm en daar is blomme en goggas oral. En ek like die plek meer en meer.
Dis nie Kaapstad nie. Dis hard nie Stellenbosch nie. Maar mens kan lewe hier, en dit kan mooi wees.
Groete uit ´n sonnige Londen!
PS: (Die temperatuur het pas opgegaan na 26C)
No comments:
Post a Comment