Cambridge toe
Ek en Hermine was laas in Cambridge oor Nuwejaar, 2004/2005 - dit was ysig koud, maar steeds mooi. Ons het vandag die kans gehad om die plek in die somer te gaan besoek, aangesien ons toergids gespeel het vir ´n ou skoolpel van my.Hier is King´s College vanaf die dorp se middelpunt. Links staan ´n mooi kerk en agter dit is die markplein met baie stalletjies waar ons die lekkerste kaalgat perskes gekoop het. Oral in die dorp ry mense op fietse rond. Ek het die gevoel gekry as jy ´n toeris is, mik hulle ekstra baie vir jou. Veral as jy agter jou kamera is. Ja, die plek het my na Stellenbosch laat verlang.
Cambridge se naam kom van ´n brug wat oor die rivier Cam gebou is (nie die een op die foto nie). Die colleges is langs die rivier gebou, en die beste manier om hulle te sien, is om te punt. Dis sulke lang, dun bote wat gestuur/aangedryf word deur ´n ou met ´n paal - baie soos gondolas. Ons het ´n toer gevat om al die sights in te neem. ´n Ander voordeel is dat ´n man se voete glad nie seer raak op hierdie manier. Om die waarheid te sê: Die punt is lekker gemaklik en mens lê-sit vir 45 minute tydens die toer... Bargain!
Riaan, ek en Hermine, met die stuurknaap (hehe) agter. Ek het die outjie se naam vergeet, maar hy is nog op skool en het ons baie funny stories vertel oor die rivier, die studente en die tradisies hier. Soos dat daar ´n sekere brug is waar jy ´n ander ou steeds wettiglik mag vermoor as jy ´n duel het met swaarde.
Die agterkant van St Johns College, toegegroei met ivy. As dit dalk bekend lyk - sekere dele van Harry Potter is hier verfilm.
Hierdie gebou het my oog gevang omdat dit so groen en wollerig gelyk het. Dis min dat mens jou mure moet snoei :)
Cambridge was baie lekker, en ek dink dis ´n moet-sien. Dit voel soos UCT se geboue met Stellenbosch se ligging, en baie meer geskiedenis agter elke hoek en draai. Nog een van die weird stories is dat daar jare gelede wilde ganse langs die rivier ingetrek het, op grasperke waar slegs fellows (dosente) mag kom. So eerder as om die ganse weg te jaag, het Cambridge alle ganse as fellows verklaar. Beteken dit dan as jy een eet is jy ´n kanibaal?
2 comments:
Baie interessant en mooi foto's
Groete Hennie
Cambridge... still on the "To see" - list :) Lyk kewl though, was al by Oxford so 4 jaar terug, would be kewl to see both though.
As always, baie nice pics :)
Post a Comment