Park varke ens.
Ja, dis steeds lekker om werkloos... er... ek bedoel... ´n Toeris te wees. Ek en Christelle het Vrydag die pad gevat Greenwich park toe vir vars lug en sommer net ´n kans om uit te kom.Dom en dommer. Ons staan aan die onderpunt van die park nadat ons sommer deur Greenwich village gestap het.
Die uitsig vanaf die Royal Observatory. Die tydlyn is so 15m aand my linkerkant. Die groot geboue in die verte is Canary Wharf, die duurste kantoor ruimte in die UK. Agter my is ´n stalletjie wat hotdogs verkoop. Of ten minste, ´n Britse hotdog, wat beteken jy kry ´n vark worsie daarin. Die naam van myne was ´n ¨Park Porker ¨. Christelle het dit park vark gedoop. Was yummy, behalwe dat die English Mustard nogal hot was.
Heel aan die verste (en boonste punt) van die park - en dis ´n groot park - is The Flower Garden. Ironies genoeg is daar rerig baie voëls daar. Eende, ganse, kraaie, duiwe, bleskoppe en eekhorings. Laasgenoemde het nie vlerke nie, maar is netso moeilik soos ganse. As jy stupid genoeg is om ´n Londen eekhoring ¨cute¨ te noem kan jy moontlik ´n toon verloor.
Christelle geniet die vars lug...
Die uitsig oppad huistoe. Ons is nou aan die ooste kant van die Teems, met die stad meer links. Ingeval jy wonder, dis vrek koud wanneer die son begin sak. Ons het so 3o minute vroeër sneeu gehad.
No comments:
Post a Comment