Perde Ham is yum-yum
Ek het vandag buite Londen gaan verken. ´n Uur suid van Londen is ´n dorpie genaamd Horsham. Dis werklik ´n oulike klein plekkie - baie stil en landelik.Mens hoef nie ver van die stasie af te stap voordat jy hierdie gesig kry nie. Hier ry nie regtig karre rond nie, selfs terwyl ek tydens etensuur rondestap het. Die plekkie lyk nie oud nie, maar het steeds karakter en laat mens net soveel rustiger voel as Londen.
Hierdie kerk staan op die punt van Causeway. Dis een van die oudste strate in Horsham en so rustig soos wat Londen gejaagd is.
Agter die kerk is ´n klein parkie met ´n stroompie wat daardeur vloei. Daar het ´n robin byna op my voet kom sit en my baie herinner aan SA se kwikstertjies. Ek wou sommer net daar bly en weier om weer stad toe te gaan.
Horsham Park. ´n Pragtige groen stuk oopte presies in die middel van die dorp. Agter my is die kleuterskool en oral is ma´s wat hulle kinders kom haal het na skool. Die hele park was vol klein mensies wat wat raas en speel. Links van my is een van die grootste gyms wat ek nog gesien het. Dit het selfs ´n enorme, verhitte, binneshuise swembad.
No comments:
Post a Comment