Koue, koue Monument
Vir verskeie onverklaarbare redes was ek vandag by Monument (jy spreek hom in Engels uit...). Dis ´n monument wat gebou is om Londen se groot brand tydens 1666 te herdenk. Die toring is 202 voet hoog, en mens klim aan die binnekant met 331 trappies op.
Hier staan ek basies bo en kyk weer af in die toring. Ja, dis baie trappies, maar ek dink meeste onfiks tipes sal dit kan maak.
Die wêreld se bekendste voet... Die kamera hang by die reelings uit en wys af na die voetstuk van die monument. Die mense lyk nogal klein van hier bo af.
´n Tipiese gesig van sentraal-Londen. Mens vergeet soms dat hierdie plek al ´n stad is vanaf die 640´s. Dis hoekom mens so baie ou geboue tussen al die nuwes sien - die stad is eenvoudig eeue en eeue oud.
Hier is ´n stukkie van die Teems met Tower Bridge. Ek staan toevallig presies oorkant die rivier van Andries se werk (vorige fotos hier). Ek het hom probeer bel om te kyk of hy my kan sien van daar af, maar die konneksie was bietjie swak.
2 comments:
Ek wou net die eerste een wees om my stuiwer in die aanbeurs te gooi.
Ek het gedink jy het na jou eie voet in die foto verwys toe jy van die bekentste voet gepraat het
Ek het! Maar ek erken dat dit nogal dubbelsinnig was. Ek het soveel fotos geneem waar my voet feature (toe ek die trappe afgeneem het, ens) dat ek besluit het dat hy bekend genoeg is om op die internet te wees :)
Post a Comment