Tuesday, January 17, 2006

Stellenbosch Berg

Ons het Saterdag (die 15de) besluit om Stellenbosch berg aan te pak. Solank mens jou tyd vat en die son skyn nie te hard nie, is die stap tot by die eerste baken baie rustig. Ons het 7:30 begin stap en was 10:30 weer terug. Ek is nie vreeslik fiks nie, en selfs my bene was nie te seer nie.

Die uitsig raak sommer gou mooi. Mens hoe nie naastenby ver te stap om die Bos soos hier links te sien nie. Ek dink hierdie foto se titel moet wees: Kry Graad Hier.






Hier is ons net na die ergste van die klim verby is. Mens moet vir 'n ent lank nogal jou bene bietjie werk, maar daarna raak dit weer gelyk na die baken toe.






Die eerste baken op Stellenbosch Berg.








Stellenbosch. Dit was koel bo, maar ver van ongemaklik af.








Ek dink Noag sou trots gewees het op hierdie een








Jean-Marie, ek en Regardt het weer afgestap terwyl die res verder gaan verken het.







O ja. Vat lekker kos saam. Piekniek op die berg is great!

1 comment:

Anonymous said...

Fanus! I'll skryf the English language sodat your ander mates also can understands. Your blog is great! You REALLY chose the BEST day for the Stellenbosch-berg expedition - the clouds are PERFECT for photographs! Thanks so much for getting the blog up and letting me know about it. I'll be a regular visiter to see how things are going with you and Miena. May the Lord prepare your way.
Brendon