Oorkant die see
Ek is in London. Die vlug hiernatoe was maar aan die die goor kant, maar om vir 10 ure stil te sit op enige plek is seker vrot. Dis sommer lekker koud hier, maar ek kla nog glad nie. Ek het nog nie vandag gaan slaap vandat ek hier gekom het vanoggend nie. Dis deels omdat ek vanaand goed wil rus om by die effense tyd-verskuiwing aan te pas, maar ook omdat mens net nodig het om 'n draai buite te gooi om weer wakker te word. Die koue lug is beter as (en gesonder as) koffie. Wat fotos betref het ek maar min geneem. Niks diekant wat 'n foto regverdig het nie sover nie. Maar oppad hierheen was nogal indrukwekkend... Hierdie is Kaapstad se internasionale terminaal. Dis 'n baie mooi oop area en ek het gedink die dak lyk nogal cool.
Net verby Blouberg en die laaste sien van Kaapstad. Dis was maar 'n vaal prentjie, maar steeds moeilik om totsiens te sĂȘ.
Windhoek lughawe. Dis plat, dis stil, dis verlate. En mooi. Ek het reeds besluit ek wil eendag 'n Namib vakansie aanpak en met 'n ballon rit dit weer van bo af sien.
Hou hierdie area dop vir fotos van London.
No comments:
Post a Comment