Goed om te doen as jy bored is
Kyk, ek weet mense noem gereeld dat dit koud is in die UK. Ek verstaan ook dat as jy nou in SA is, dit dalk moeilik is om te begryp hoekom die mense hierso daaroor kla. Anyway, laat ek maar my deel doen, die stroom join en sĂȘ: Dis koud!
Windchill. Daai is die probleem. Dit is byvoorbeeld nou 5C, maar daar waai ´n lekker vris windjie, so die ware temperatuur is nader aan nul. Gister was dit -2C. En natuurlik was ek buite... Het weer vir Hermine gaan kuier, en oppad soontoe het ek sommer by Covent Garden gestop en toe Travalgar Square toe gestap. Daai fotos is boring, maar ek het dit geniet om so deur die stad te wandel, ten spyte van die koue.
Later het ek Waterloo stasie toe gegaan om te wag vir die trein Hampton Court toe. Was toe te vroeg daar en stap toe sommer Teems toe om my koffie te geniet. Vrek koud. Ongelooflik koud. Maar op ´n manier kry ek toe ´n sitplek uit die wind uit, en skielik sit ek lekker.Ek het hierdie foto geneem van my bankie af. Waterloo stasie se walkway eindig by die Eye. As jy ooit jouself in hierdie stad bevind, dink ek dis nogal ´n goeie manier om dit eerste te sien. Vat die tube van die lughawe tot by Waterloo, volg die bordjies en hoop die weer is oraait :)
Hierdie advertensie het my getickle. Ingeval jy wonder, Oyster is die kaart wat jy op die tubes/busse mee ry. Jy kan geld oplaai en betaal per rit, of bv. ´n maandelikse kaartjie daarop laai. Ek dink dis ´n goeie manier vir die owerhede om uit te werk wie gaan waar, en dan uit te werk waar om meer treine te laat loop, ens. As jy natuurlik hou van conspiracy theories, kan jy ook geneig wees om te dink Tony Blair hou jou so dop.
Canary Wharf. Alweer. Ek is jammer. Ek het vir Wilhelm gaan kry vir koffie by een van die 3 Starbucks wat in die winkelsentrums rondom die stasie is. Hierdie foto is geneem van die bogrondse stasie toe ek oppad huistoe is. Dit was seker so 8pm.
1 comment:
Hi Fanus.
Al die foto op jou site is baie cool. Dit lyk soos iets uit 'n storieboek. Dis so lekker om daarna te kyk.
Post a Comment