Teems toer
Ek het sommer gaan rondstap langs die Teems en die toeris-ding gedoen. Links op die foto is St Pauls Cathedral en meer reg is die Gerkin.
´n Poskaart foto. Die London Eye is werklik ´n groot stuk yster. Ek het by die anker toue gaan staan en mens voel klein!
Het gedink hierdie is funny. Elke Brit kies ´n bankie oor lunchtyd. Dis ´n oulik park parallel met die Teems. Daar´s baie standbeelde en gedenktekens. Meestal vriende of kennisse van die konings van die vorige eeue, ens.
Iewers in Hyde Park. Eintlik Kensington Park, die weste van Hyde Park. Dis HUGE. Die winterbome is oral, netso eekhorings. Hierdie eekhorings sal Stellenbosch eekhorings se low-tackle en al hulle kos afvat sonder om jammer te sê.
Peter Pan se standbeeld. Baie voetslaan om tot hier te kom. Soek die standbeeld en wen ´n Datsun.
4 comments:
Yis Fanie. Jy het my nou lus, sommer baie lus om die werk soek te stop en so bietjie met kamera rond te loop en gaan fotos neem. Het 'n hele klomp. Kewl man, lekker om jou blog vir ander mense te stuur en se : Kyk ons was ook hier, en daar.. Sien jou hopenlik weer gou.
Hey Fanus
Guess what?...Zodan is toe vanoggend hier weg met my camera
Guess what.. I picked the WORST day ever to grab the camera on my way to an interview this morning. This rain stuff, gets in the way of photos. Jy weet beter om die regte dae te kies :)
Ja, nee. When it rains it pours... Vandag is maar dreary. Haal uit jou Wellies en spring in!
Post a Comment