Monday, February 27, 2006

Kerk-Rock Laatnag

Ja, dit was die heel beste verjaarsdag geskenk waaroor ek kon vra: Hermine het vir my kom kuier. Ons het saam kerk toe gegaan en gaan koffie drink en sommer net uitgehang.






Louis Brittz was by die kerk. Ek het lanklaas ´n kerk so sien Rock! Dit was die launch van 40 Days of Purpose. Ons was seker so 800+ mense. Gaan kyk by SA Gemeente.






´n Foto vanaf Canada Water stasie in die rigting van Londen. Dit was vrek koud ;)







Canary Wharf, maar die keer met ´n proper kamera. Ek dink die shutter was so 2 min oop. Dit square lyk ongelooflik in die aand.







Barclays se gebou, met HSBC se gebou links daarvan in die voorgrond.







En ´n bietjie fortune cookie wysheid: Outside a dog, a man´s best friend is a book. Inside a dog there´s no light and book are useles.


Friday, February 24, 2006

Vars visse en ander disse

Ek was vandag by die Borough Market naby London Bridge stasie. Kyk, ek was al by plaasmarkte, ens, maar hierdie was iets heel anders. Vars, yummy goeters oral! Mens kan skaars loop want jou maag vertel jou brein om hier te bly...

Daar was vars blomme.








Ja, dis ´n seekat. Maar dis vars seekat.








Kaas iemand? Kyk, dis die eerste keer in my lewe dat iemand ´n bord kaas onder my neus indruk en wonder of ek ´n sample wil hê. Duh...






En Brood. (en nog kaas)








Vars groente en vrugte ook. Spot die Turnip en wen ´n Datsun.








Hier moes ek ook nogal klou aan my beursie. Neute met of sonder chocolate. Dit het vrek lekker gelyk.







Net so buite die mark was hierdie cool winkeltjie. Het gedink dit maak ´n cool foto.







Later die aand is ek Canary Wharf toe om ´n vriende te kry vir ete. Andries het vertel dat die plek nogal na geld stink, maar dit het my redelik oorweldig. Die stasie het ´n huge winkelsentrum. Baie banke en ander finansiële instansies het hulle kantore hier. Die foto links is buite (en bo) die stasie. Die geboue vorm ´n tipe binnehof en die liggies is regtig asemrowend.






Die gebou waardeur ek moes stap om die boonste foto te neem was self stunning.







En hier is hulle. Die mense wat eendag alles hier gaan besit ;) Van links na regs: Gerhard, ek, Grea en Hendrik. Ons wou Nando´s toe, maar hulle was baie vol. Toe gaan ons maar na ´n indiese plek. My kerrie was erg. Baie erg. Dis hoekom ek so ongerieflik lyk op die foto...




Thursday, February 23, 2006

Sneeu


Ons het vanoggend wakker geword met ligte sneeu buite. Nie gennoeg om die grond te bedek nie, maar dis die idee wat tel. Links is ´n poging om dit af te neem.










Hierdie
foto is ons agterplaas. As mens mooi kyk (veral by die boom, links) kan mens ook sulke wit strepies sien.


Thursday, February 16, 2006

Vars lug is lekker

Die verkoue is nog nie heel weg nie, maar ek het steeds vandag gaan vars lug soek en 'n draai gemaak by West Ham Park. Dis relatief naby aan ons blyplek, en baie groter as Stratford se eie park. Sommer 4 sokker velde as jy instap. En dit hou net aan en aan.

Hampton Court

Hermine het my genooi om in Hampton Court te gaan eet vir Valentynsdag, en natuurlik moes my kamera saam.
Hierdie is Hampton Court Paleis. Die koninklike familie het hier gewoon tot in die 1800's. Ek het laas jaar deur hom gestap. Dis regtig die moeite werd. Behalwe die paleis is die gronde ewe indrukwekkend. Dis 'n pragtige engelse tuin gelee teen die Teems rivier. Sodra somer aanbreek gaan ek weer daar 'n draai maak, belowe.



Die Teems rivier met die paleis links sigbaar. Ek staan op die brug by die stasie. Dis vrek koud, maar mens moet bietjie op die brug staan en daai rivier ervaar.






Hierdie is die brug waarop ek pas gestaan het. Die wolke het ook darem oopgetrek om die mooi prentjie te maak. In die middel is 'n wit geboutjie bo die water: Dis 'n pub&steakhouse. Eendag as ek groot is gaan ek daar eet! Links is die begin van die marina. Ek dink Hampton Court en omgewing is omtrent soos Plattekloof/Loewenstein, so redelik gerieflik itv geld, ens.



'n Swaan so mak ek kon byna my hand uitsteek en aan hom vat. Die rivier is werklik 'n voelparadys. Daar is tot bleskoppe as jy hard soek. En dosyne eende, ganse, seevoels en ander goeters wat ek (nog) nie ken nie. Lyk my mense stap gereeld langs die rivier en voer die voels. Dis verbasend om te sien hoe die eende die seevoels elke keer ore aansit. 'n Eend sal eenvoudig uit die water stap, 'n stuk brood gaan bedel en rats tot dei water hardloop en wegswem. Die seevoels raas en duik agterna, maar die eende skud hulle af sonder om 'n veer uit plek te kry.

Monday, February 13, 2006

Huh?


Ek vang dit nie...







Hierdie sign is byna op ons voorstoep, maar ek sien dit eers vanoggend. Het geen clue of dit ernstig is nie, en of die Britte steeds werk aan die sin vir humor nie.

Thursday, February 09, 2006

'n Dag in die park

Hierdie is ons parkie naby die huis. Ek en Christelle het 'n redelike sonnige dag gehad en besluit om 'n draai te maak. Let wel, son in London beteken: Koue! As daai eentoninge wolke verdwyn suffer mens eers.

Die park is netjies en het selfs tennis bane, ens. Lekker vir 'n fris stappie.


Daar is natuurlik ook speelgoed vir die kinders. Ek was heel jaloers omdat die Britse kiddies sulke cool speelgoed kry. En die oppervlak is van sagte tartan sodat die arme bloedjies nie te hard val nie.

En die Britte is tog optimiste: Daar was 'n splash-pool vir in die park ook. Hulle dink seker daar is kans dat dit ooit somer gaan word hierso ;)

Hierdie is die uitsig van 'n vervalle kerk net langs die park. Die winter bome maak nogal 'n mooi prentjie.







.

Tuesday, February 07, 2006

Ek het vandag tot by London Bridge gery met die Tube om vir Andries te gaan kry vir middagete. As mens werkloos is, het jy baie tyd...

Hierdie is die HMS Belfast, wat 'n museum is waarvan ek niks weet nie. Maar dit lyk cool.







En net agter dit: Tower Bridge. Dit lyk blykbaar mooi in die aand ook, so ek sal een aand moet terug gaan met Miena se kamera.







Nog random fotos sal volg.

Sunday, February 05, 2006

Spur-rasie

Ek het vergeet hoe baie mense in hierdie stad is. En dit lyk nie of hulle ooit huis toe gaan. Selfs vroeg op 'n Saterdag is daar 'n horde mense. Laat Saterdagaand ook. Treine bly gereeld tjok-en-blok. Elkgeval, ons klomp is Spur toe om Andries en Hermine se verjaar te vier. Dis reg: SPUR... in London!

Ek is nog lank nie homesick nie, maar by die Spur het mens geen keuse as om tuis te voel nie. Ons waitress het begin in Engels, twee sinne gepraat en die res van die aand Afrikaans gepraat. Baie ander tafels was duidelik ook van die huis af. Mens het net geen keuse as om te voel jy sit in enige van SA se Spurs nie.


Satisfied customers. Ek ons was op die ou end 13 of 14 mense. Meeste het 'n stuk dooie koei bestel en die sous het behoorlik gespat soos die honger mense hulle steak verslind het. Was vrek lekker. Daars niks fout met Britse Beef nie.



In geval jy belangstel, ons was by die Mohawk Spur in Southside Shopping Centre, London SW18 4TF

Wednesday, February 01, 2006

Oorkant die see

Ek is in London. Die vlug hiernatoe was maar aan die die goor kant, maar om vir 10 ure stil te sit op enige plek is seker vrot. Dis sommer lekker koud hier, maar ek kla nog glad nie. Ek het nog nie vandag gaan slaap vandat ek hier gekom het vanoggend nie. Dis deels omdat ek vanaand goed wil rus om by die effense tyd-verskuiwing aan te pas, maar ook omdat mens net nodig het om 'n draai buite te gooi om weer wakker te word. Die koue lug is beter as (en gesonder as) koffie. Wat fotos betref het ek maar min geneem. Niks diekant wat 'n foto regverdig het nie sover nie. Maar oppad hierheen was nogal indrukwekkend...

Hierdie is Kaapstad se internasionale terminaal. Dis 'n baie mooi oop area en ek het gedink die dak lyk nogal cool.








Net verby Blouberg en die laaste sien van Kaapstad. Dis was maar 'n vaal prentjie, maar steeds moeilik om totsiens te sê.








Windhoek lughawe. Dis plat, dis stil, dis verlate. En mooi. Ek het reeds besluit ek wil eendag 'n Namib vakansie aanpak en met 'n ballon rit dit weer van bo af sien.





Hou hierdie area dop vir fotos van London.