'n Dag in die park
Hierdie is ons parkie naby die huis. Ek en Christelle het 'n redelike sonnige dag gehad en besluit om 'n draai te maak. Let wel, son in London beteken: Koue! As daai eentoninge wolke verdwyn suffer mens eers.
Die park is netjies en het selfs tennis bane, ens. Lekker vir 'n fris stappie.Daar is natuurlik ook speelgoed vir die kinders. Ek was heel jaloers omdat die Britse kiddies sulke cool speelgoed kry. En die oppervlak is van sagte tartan sodat die arme bloedjies nie te hard val nie.
En die Britte is tog optimiste: Daar was 'n splash-pool vir in die park ook. Hulle dink seker daar is kans dat dit ooit somer gaan word hierso ;)Hierdie is die uitsig van 'n vervalle kerk net langs die park. Die winter bome maak nogal 'n mooi prentjie.
.
No comments:
Post a Comment