Fanus Groenewald, Professionele Toeris
As ek nie ´n werk kry hier nie, gaan ek ten minste nie kan kla dat ek nie stuff gesien het nie. Hermine was vandag in die stad vir ´n kursus, wat my die kans gegee het om te gaan fotos neem terwyl ek vir haar gewag het. Ek kla glad nie!St Pauls Cathedral. Dis ongelooflik groot, baie oud en mens wens dat die mure wel kon praat. Dis so populêr dat selfs terwyl hulle werk daaraan, word die buitelyne geteken op die seile wat die werk bedek.
Ek staan op Paternoster Square. Op my regterhand toring St Pauls. Voor my is ´n Starbucks (en ´n onooglike brons standbeeld) en links is die London Stock Exchange. As jy hoor van die Londen markte en die FTSE, hierdie is die plek waar dit alles gebeur.
The British Museum. Ek was besig om die vorige aand te soek vir plekke rondom St Pauls om te gaan besoek, toe sien Andries hierdie foto by Google. Na ´n bietjie gesoek vind ons toe uit dis die museum. Die blou dak is ´n enorme binne-hof wat toegebou is met ´n glasdak. En net as jy dink Londen is ´n groot plek, dan loop jy ´n ou kennis raak. Ek was skoon uit die veld geslaan om ´n ou skoolpel te kry in die museum.
Regent´s Park. Hierdie is die ander groot park in London, naas Greenwich en Hyde Park. Ek weet regtig nie hoe om die plek te beskryf nie. Daar is die gewone hoeveelheid watervoëls, oop grasperke en bankies. Maar ook ander voëls. Daar is ´n besigheids kollege in die park, asook versteekte huise. Queen Mary se roostuin is daar, en dit beloof om ongelooflik te wees in Somer. Daar is ´n opelug teater waar oa Shakespeare (gaan) wys. Oppad soontoe stap mens verby Madame Tussaud, Sherlock Holmes se stadbeeld is daar rond en ook die Britse planetarium.
Hampton Court. Ek en Hermine het langs die rivier gaan stap voor ete en afgekom op hierdie skoene. Ek wil iets sê in die lyn van gone fishing, maar ek kan aan geen scenario dink waar jy jou skoene moet uittrek hier nie. Dis was een van daai onverklaarbare, random goed wat soms gebeur. Tekkies langs die water sonder hul base in sig. Wie weet hoekom...
No comments:
Post a Comment