Greenwich, deel 2
Saterdag was ´n mooi dag en ons het sommer besluit om weer Greenwich Park toe te gaan vir ´n rukkie.Dit is darem ´n mooi plek, en lekker naby aan ons. Dis ook regtig groot en net die ding as mens bietjie gedruk voel in die stad. Daar was baie mense, kinders en honde in die park Saterdag, en steeds was dit rustig.
Ek het ook ´n redelike treat gekry, want daar was ´n Harrier voor die Maritime Museum. Die eerste ding wat my opgeval het is dat hy nogal klein lyk. So klompie jare gelede was ek by ´n lugskou en het ´n F-16 gesien. Die Harrier se vlerkspan is naby aan die helfte van die F-16. Ek onthou nog goed toe ek daai F-16 gesien het. Die eerste indruk was: Dis Huge! Hierdie Harrier lyk soveel kleiner. Dis daarom soveel meer indrukwekkend dat hy vertikaal kan land.
Die regte rede dat ons park toe is: Kos! Hierdie stalletjie is by die Royal Observatory op die heuwel, en verkoop die Park Porker. Dis ´n hotdog, maar met ´n vark worsie in en dit smaak nogal lekker. As jy die engelse mostert oorleef is jy definitief deel van die in-crowd.
No comments:
Post a Comment