Ons het die naweek weggebreek en na die kerkkamp in ´n plekkie genaamd Battle gegaan. Die dorpie kry sy naam vanaf
The Battle of Hastings, wat plaasgevind het in 1066. Blykbaar het die Britte maar daai een bietjie verloor, maar hierdie is nie ´n geskiedenis les nie. Ons was by
Asburnham Place, wat ´n Christen konferensie sentrum is. Die plek is eenvoudig asemrowend. Dis was eens ´n proper English Manor House en die gronde se geskiendenis is langer as 800 jaar. Dit voel soos iets uit ´n Jane Austin boek.

Hierdie is my poging om die hoofgebou vas te lê. Die windhond standbeelde is oral in die voortuin - ek dink hulle het op ´n kol Lord Ashburnham wakker geblaf en toe kry hy hulle terug. Daar is verskeie groot sale binne, die grootste het ons hele kamp van 160 mense gehou. Die ander vertrekke is almal netso enorm en daar is ´n hele paar Klaviere of Clavinovas. Hermine het ons ´n paar keer daar vermaak.

Ek staan reg voor die hoofingang. Die tuin is perfek uitgelê en die bruggie en meer in die agtergrond maak die plek prentjie mooi. Daar is ganse daar onder wat lekker raas elke keer as iemand durf verby stap. Ek wil nie al my fotos hier plak nie, maar ek het omtrent 250 geneem. Die plek het net soveel karakter dat jy skoon snap-happy gaan!

Ongeveer die uitsig vanaf Hermine en Christelle se kamer. Daar het gereeld skape gewei en soggens vroeg hoor mens hulle in die verte blêr. Gepraat van kamers: Dit slaapplekke is baie goed toegerus. Elke kamer het hulle eie wasbak, netjiese duvets en kaste om jou goed te pak. My enkel kamer het ook ´n lessenaar gehad. Elke seksie het hulle eie ketel, koffie, tee, suiker en melk sodat mens elke aan kan kuier.

Saterdag was dit reënerig, maar Sondag was die weer net reg vir stap. Almal het ´n koers gekies, en selfs al was ons so baie daar, het jy nooit regtig ander mense gesien nie. Die groot gronde het toegelaat dat almal hulle eie ding kan doen. En die modder het toegelaat dat almal ´n stukkie
countryside kon huis toe vat. Ek en Hermine het na ´n lang en soggy gesoek hierdie plekkie opgespoor. Dis The Ladyspring Grotto. Ek het geen idee wat die plek se geskiedenis is nie, maar dit het soos iets uit ´n King Arthur fliek gevoel.

Die yokels... Van links na regs is Michael, Noelle, Hermine, Bloody Stupid Johnson, Christelle en Lizelle. Die kamp het regtig alle ouderdomme gehad. Ek was verbaas om gesinne te ontmoet wat al 10 jaar hier woon en kinders grootmaak hier. Daar was klomp mense sou oud soos my ouers, jong getroudes met klein kindertjies en ook tieners. Genoeg van elke tipe sodat daar groepies kon vorm en almal iemand kon kry om mee uit te hang. Etes was nogal lekker want elke tafel hou so 10 mense en ons het so gereeld nuwe mense leer ken. Dit was baie lekker om te hoor wie wat hier doen, en ook hoe hulle almal in die UK beland het. Die ander interessante dingw as dat die mense wat al langer as 2 jaar hier is, byna almal buite Londen woon. Hulle kies die county life en dit lyk my of hulle floreer. As jy in SA dink aan Uk toe kom is dit outomaties Londen, maar meer en meer kry ek die idee dat daar ´n hengse klomp SA mense buite die stad woon.
Die kamp was ´n perfekte wegkomkans en ek sal dit maklik weer doen. As jy die tipe is wat belangstel in sendingwerk oorweeg gerus om Ashburnham te kontak. Hulle het 80 mense van reg oor die wêreld wat daar werk en dit behoort ´n ongelooflik ervaring te wees.
1 comment:
Hey Fanus! Dankie vir die lekker foto's van die kamp! Dit lyk asemrowend mooi. Goedgaan, Brendon
Post a Comment