Queen wie?
Vrydag was weer rondloop dag - en die weer raak nou al baie beter om buite te wees. Ek het soos gewoonlik die tube kaart gevat en ´n deel gekies, my kamera gevat en op die spoor geval. Die stasie se naam was Green Park, want dit het interessant geklink.As jy onder die grond uitkom is die park ook sommer net daar. Die affodille blom nou éérs! Die hele plek is oortrek met geel en wit. Dit lyk regtig na lente hier.
Ek stap toe verder deur die park en kom op hierdie gesig af. Hordes mense (in die middel van ´n werksdag) en ´n lelike gebou agter hulle. Die polisie ry daar rond en alles gaan net mal. Duidelik wag die mense vir iets. Turns out, hierdie is Buckingham Palace en die mense wag vir The Changeing of the Guards...
Nadat ek deur die honderde mense geveg het, en die laatse van die wolkoppe verby is, het ek verder gestap. Daar kom ´n blaas orkes, ´n klomp wagte op perde en die laaste van Buckingham se wagte verby gestap. Ek dink dit gebeur elke dag. Soms is die Britte maar weird.
Verder aan is Piccadilli Circus. Hierdie is een van my gunsteling dele in die stad (en een wat ek darem herken as ek hom sien). Daar is enorme digitale advertensie borde wat dag en dag speel. Regs van die advertensie is ´n paar teaters. Dis oop ´n baie besige kruising en karre en busse ry die hele tyd verby. Vir my is hierdie plek ´n goeie opsomming van London. Dis besig, dis high-tech, maar ook gekultiveerd met ´n lang geskiedenis.
´n Karretjie wat my oog gevang in Hampton Court. Die ding lyk soos ´n slak. En toe Hermine om stap op die naam te gaan kyk staan daar S-Cargo... (slak in frans is escargot).
No comments:
Post a Comment