Hermine het my genooi om in Hampton Court te gaan eet vir Valentynsdag, en natuurlik moes my kamera saam.

Hierdie is Hampton Court Paleis. Die koninklike familie het hier gewoon tot in die 1800's. Ek het laas jaar deur hom gestap. Dis regtig die moeite werd. Behalwe die paleis is die gronde ewe indrukwekkend. Dis 'n pragtige engelse tuin gelee teen die Teems rivier. Sodra somer aanbreek gaan ek weer daar 'n draai maak, belowe.

Die Teems rivier met die paleis links sigbaar. Ek staan op die brug by die stasie. Dis vrek koud, maar mens moet bietjie op die brug staan en daai rivier ervaar.

Hierdie is die brug waarop ek pas gestaan het. Die wolke het ook darem oopgetrek om die mooi prentjie te maak. In die middel is 'n wit geboutjie bo die water: Dis 'n pub&steakhouse. Eendag as ek groot is gaan ek daar eet! Links is die begin van die marina. Ek dink Hampton Court en omgewing is omtrent soos Plattekloof/Loewenstein, so redelik gerieflik itv geld, ens.

'n Swaan so mak ek kon byna my hand uitsteek en aan hom vat. Die rivier is werklik 'n voelparadys. Daar is tot bleskoppe as jy hard soek. En dosyne eende, ganse, seevoels en ander goeters wat ek (nog) nie ken nie. Lyk my mense stap gereeld langs die rivier en voer die voels. Dis verbasend om te sien hoe die eende die seevoels elke keer ore aansit. 'n Eend sal eenvoudig uit die water stap, 'n stuk brood gaan bedel en rats tot dei water hardloop en wegswem. Die seevoels raas en duik agterna, maar die eende skud hulle af sonder om 'n veer uit plek te kry.
1 comment:
Hello Fanus en Miena! Baie dankie vir die fotos en stories van "The Other Side". Dit is heerlik om julle weedervaringe mee te maak. Julle moet darem sorg dat julle ook so dan en wan voor die kamera kom! Baie groete, Brendon
Post a Comment