Monday, April 24, 2006

Soveel knoppies, so min tyd

Vandag se uitstappie was na The Science Museum. Dis ´n museum wat fokus op die ontwikkelling van tegnologie en baie meer fokus op interaksie as ´n geskiedenis les. Dis moeilik om die plek op film vas te lê. Dis regtig die tipe plek wat mens self moet gaan besoek. Dit vat ´n hele dag om daar deur te kom. Soos ek nou hier sit is my kop seer en my voete pyn. Dis harde werk om niks te doen nie ;)

Hierdie is een van die mooiste uitsigte binne die gebou, en gee ´n baie goeie idee van die plek. Daar is net hordes goed om te sien. Nie alles sal almal interesseer nie, maar almal sal iets kry wat ´n WOW nodig het op dit te beskryf.





Daar is verskeie deursnitte van voorwerpe om te wys hoe hulle binne werk. Hierdie een is van ´n Mini. Daar was ook ´n spoel toilet, maar ek het nie ´n foto geneem nie, want daar was ook sekere voorwerpe in om die vloei te wys... Ja. Hierdie wetenskap mense is soms bietjie af.




WOW. Die lugvaart deel het my ge-tickle. In die foto is ´n sweeftuig op die voorgrond, onder my staan ´n private jet en die ovaal vorm agter is ´n deursnit van ´n Boeing 747. Agter my is ook verskeie volskaal replikas van goed soos ´n Tiger Moth en die Wright Flyer.




Ek het nog baie fotos geneem, maar ek dink dit sal die plek spoil vir mense wat nog wil gaan. Dis regtig ´n hands-on ervaring. Jy moet soontoe gaan en jouself moeg loop. Jy moet weer daar rondhol en soos ´n laaitie voel. Jy moet die toilet uitstalling sien om te glo.


3 comments:

Anonymous said...

Baie interessant Fanus. Ek dink jy kan die foto's maar wys, die kanse dat die meeste van ons daar sal uitkom is skraal genoeg.

Anonymous said...

Hey, Fanus. comment1 is my pa s'n, hy het nie geweet hoe om sy naam by te sit nie. Hoe kon hulle 'n mini op gesaag het?! hoe moet die arme mini nou voel? ;)

Anonymous said...
This comment has been removed by a blog administrator.