Wimbledon is ´n rumour
Soms moet mens ook seker ´n slegte ervaring hê, meestal sodat mens die goeie ervarings meer kan waardeer. Ek belowe dis die diepste wat ek vandag sal wees :) Ek het met baie hoop Wimbledon toe gegaan om die tennis bane en omgewing af te neem voordat die seisoen begin.
Dit het egter glad nie gebeur nie. Na ´n lang gestap en baie wonder het ek besef dat ek verdwaal het. Het darem weer die pad gevind en op die ou end dit gemaak tot by die plek waar die wêreld bekende Wimbledon tennis toernooi elke jaar plaasvind. Maar natuurlik werk hulle aan absoluut alles daar en mens kan nie ingaan nie. En ek weier om enige fotos daarvan te wys. Hopelik sal ek later in die jaar beter vaar.Oppad terug stasie toe het ek deur die park gestap en afgekom op 'n klompie skoolkinders wat leer om te seil. Dit was 'n groot gemors van die water se rand af, maar ek dink meeste van ons sou graag die geleentheid wou hê om te leer. Ek kry gereeld die idee dat daar soveel meer geleenthede hier is vir kinders wie se ouers wakker is.
Die gewone draai in Hampton Court. Die keer het ons weier geloop en afgekom op 'n trop bokke wat sommer naby die huise wei. Hulle was redelik min gepla deur ons en het eerder die lekker sonnetjie geniet.
Verder aan was daar 'n bul (stag in engels) wat nogal windgat was en daar rondgestap het of hy die plek besit. Hermine en ek het dit interessant gevind dat die hond min gepla was met die bok. Hulle het mekaar so vinnig geruik en toe stap elkeen rustig aan.
Hermine kyk vir die bleshoender wat so rustig sit en aan die gras pick. Hy is so mak dat jy amper op hom kan trap voor hy skuif. En dan ook net 2 tree, dan gaan sit hy weer en gaan aan. Dis iets wat ek al baie kere opgelet het. Die voels is baie mak hier en gereeld as jy naby 'n dam of rivier stap kry jy 'n stalker of 2 wat kom kos bedel. Maar eendjies is darem net oulik.
Hierdie was net 'n absolute sprokies prentjie. Dis weereens die tuine by die paleis waar die affodille so mooi groei. Die foto is seker so 17:30 geneem. Die UK het mos daylight savings time, so ons het 'n week of 2 gelede 'n uur verloor. Dis nou tot later lig en die tydverskil tussen hier en SA is nou net 'n uur. Dit het absoluut niks met die foto uit te waai nie. Gaan besoek die tuine self om te verstaan hoekom ek niks het om te sê nie.
1 comment:
Ek spel soos ´n dronk hoender
Post a Comment